SportSport

Sedibeng se rugby is gesond

Spog-rugby is vandeesweek by die Rhinoweek opgelewer.

VANDERBIJLPARK. – Die trane van blydskap en teleurstelling het vandag op die VUT Isak Steyl-stadion geloop tydens die laaste dag van die Rhino Streeksweek vir Hoërskole.

Die laaste dag se spel was iets om te beleef veral die eindstryde het baie belangstelling gewek. Die rugbyweek wat vanjaar sy negende bestaansjaar vier lok spanne van oral oor die land.

Sedibeng se spanne het vanjaar hul stem dik gemaak met sy o.14 en o.15-span wat as die kampioene in hul betrokke ouderdomsgroepe gekroon is.

In die o.17 en o.19-afdeling het die HS Alberton en die Broncos koning gekraai. Daar is ook ‘n o.19-Rhino Streeksweekgroep gekies was in Desember in Italië gaan toer.

Die toergroep bestaan uit 28 spelers en  ‘n verdere 12 spelers wat op bystand is indien enigeen van die toer onttrek. Tien spelers van Sedibeng het die span gehaal. Die spelers is: Gerhard Rossouw, Brandon Lee, Bradley Erasmus, Jonathan Roets, Ruan Hattingh, Adiel Buthelezi, Eon van der Westhuizen, Eduann Raubenheimer,  Wikus Maritz en Qihan Swanepoel.

Sedibeng se o.14-span is die Rhinoweekampioen.
Die Broncos is die o.19 Rhinoweek-kampioen.
HS Alberton se o.17-rugbyspan het Saterdag in Vanderbijlpark die Rhinoweek gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button