Sport
Transvalia is steeds onoorwonne
VANDERBIJLPARK. – Met ‘n vleklose rekord van ses seges in ses wedstryde is die HS Transvalia se eerste rugbyspan met 30 ligapunte steeds bo-aan die SDC Noordvaal Plaatafdeling se punteleer. Die Ligbloumasjien het Saterdag 27 Julie op sy tuisveld sy toeskouers van lekkerte laat kraai toe hy die HS Zwartkop die besoekers van die Jakarandastad …
VANDERBIJLPARK. – Met ‘n vleklose rekord van ses seges in ses wedstryde is die HS Transvalia se eerste rugbyspan met 30 ligapunte steeds bo-aan die SDC Noordvaal Plaatafdeling se punteleer.
Die Ligbloumasjien het Saterdag 27 Julie op sy tuisveld sy toeskouers van lekkerte laat kraai toe hy die HS Zwartkop die besoekers van die Jakarandastad met 40-12 omgedop het.
Transvalia kom in sy laaste twee wedstryde teen Klerksdorp en HTS Middelburg te staan. Dit is al twee wegwedstryde en daarna lê die halfeindronde en eindstryd voor. Hiernaas is die punteleer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
