VANDERBIJLPARK – Amerikaanse Voetbal in die Vaal! Dit is nie iets wat jy aldag sien nie. Sondag, 25 Augustus het die Vaal Kings op die Hoërskool Driehoek se velde geskiedenis gemaak om die eerste amptelike vyf-aan-’nkant wedstryd in die Vaaldriehoek te speel.
Die Kings het Brahmans van Pretoria met 52-0 gegaffel.
“Ek het vanjaar die Vaal Kings in die Vaaldriehoek gestig. Dit is die eerste Amerikaanse Voetbalspan in die Vaaldriehoek. Ons speel in die American FiveA-Side Football League (A5FL) en South African American Football League (SAAFL) wat die 11-mankode is. Ons is tans onoorwonne in drie wedstryde en het 137 punte aangeteken en slegs ses punte afgstaan,” vertel Tiaan Rautenbach, stigter en quarterback van die Vaal Kings.
Wat die vyf-aan-‘n-kant kragmetings betref word dit op ‘n 80m x 30m speelveld gespeel waarvan die doelgebied (end zone) 10m aan elke kant beslaan wat ‘n speeloppervlak van 60m bied. “Ons is ook geaffilieer met die 11-manwedstryd gespeel en gewen.
Die doelwit is nou om spanne in elke provinsie te stig, maar dit is baie duur om kit en toerusting aan te koop. Ons is nou opsoek na borge en spelers,” gee Rautenbach te kenne.
*Diegene wat belangstel om betrokke te raak by Amerikaanse Voetbal kan Tiaan Rautenbach by 072 510 7036 skakel.









