SportSport

Wanneer talent en toewyding ontmoet

Om vier keer Gauteng-kleure te verwerf sit nie in enigeen se broek nie.

VANDERBIJLPARK – Talent maak deure oop, maar dit is harde werk wat jou op die kruin van die golf hou. Soms ploeg ‘n brander jou in die sandbankvas dat jy met sand in jou ore en seewier in jou tande opstaan.

Dit is hier waar die koring van die kaf geskei word. Nicole van Wyngaardt verstaan dié beginsel bitter goed.

Sy weet sonder harde werk beteken talent niks nie. Ná nog ’n uitstekende seisoen is die jong netbalspeler vir die vierde keer in haar skoolloopbaan met Gauteng-kleure beloon. Maar hierdie keer is bitter spesiaal aangesien sy as onder-kaptein van die Gauteng o16-span aangewys is.

Dit is ‘n diep emosionele mylpaal. “Eerstens het ek dankbaarheid teenoor die Here dat my talente en harde werk raakgesien kan word. Ek het uit my vel gespring van blydskap en die Here gedank vir die geleentheid,” vertel sy.

Vir haar bevestig hierdie prestasie dat toewyding vrugte afwerp. “Harde werk word beloon en niemand kan jou miskyk as jy hard werk nie. Nicole se liefde vir netbal het reeds op laerskool vlamgevat.

“My ouers het my liefde vir netbal van ’n jong ouderdom af gekweek en my blootgestel aan baie netbalgeleenthede.”

Die kompetisie waarin sy gespeel het, het ook haar speelstyl gevorm. “Ek het agtergekom ek speel ’n meer aggressiewe spel en hou daarvan om druk toe te pas.” By die Hoërskool Transvalia het sy nuwe hoogtes bereik.

Sy is ook vol lof vir haar afrigters. Veral Coach Marchel. “Sy het dadelik in my geglo. Sy het my gemotiveer en my geleer om nederig te bly en hard te werk vir wat ek wil bereik.”

Sy het ook groot waardering vir haar ander afrigters Monique Reyneke, ’n voormalige Protea-netbalspeler en Anneli Botha, wat volgens haar die span soos familie behandel.

Maar Nicole se pas was nie sonder struikelblokke en teleurstellings nie. Sy het ook die pyn om nie gekies te word nie ervaar.

“Mnr. Dries van Heerden se woorde is altyd: You can’t keep a good man down.” Ek het net harder gewerk en seker gemaak my talent kan nie misgekyk word nie.” Ten spyte van uitdagings het sy nooit werklik oorweeg om op te hou nie.

“Ek is lief vir netbal en wil ’n rolmodel wees vir meisies uit klein dorpies wat ook groot drome het.” Maar dis is ‘n lewenstyl.

“Om na my liggaam om te sien, reg te eet, genoeg te slaap en ekstra oefeninge te doen buite skool maak die verskil.” Haar gesing speel ’n onmisbare rol. S

y kyk op na haar broer, ’n rugbyspeler, maar haar grootste inspirasie bly haar pa. “My pa inspireer my die meeste omdat hy my altyd ondersteun en baie opofferings vir my maak.”

Volgens Nicole is haar sterkpunte haar spanwerk, uithouvermoë en gewilligheid om te leer. Om Gauteng te verteenwoordig is vir haar die vervulling van ’n kinderdroom. “Van kleins af het ek gedroom om vir Gauteng te speel.

Dis ’n groot voorreg. My bloed is grys en geel.” Haar visier is nou op die toekoms ingestel: nog Gauteng-kleure, eerstespannetbal en uiteindelik die hoogste eer. “Ek wil eendag vir die Proteas speel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button