SportSport

Tyd vir Rhino-stormloop

Hope talent gaan weer ten toon gestel word.

VANDERBIJLPARK – Alle paaie lei die week na die VUT Isak Steyl-stadion waar die 11de Rhinoweek plaasvind.

Die week wat begin is om ekstra geleenthede vir rugbyspelers te bied, het so gegroei dat netbal en hokkie ook nou deel van die Rhinotrop is. Springbokrugbyspelers soos Elrigh Louw het sy tande by die toernooi gesny.

Die streeksweek vind vanaf 7 tot 11 Julie daar plaas. Die netbalweek vind plaas by HS Transvalia en skop 9 Julie af.

 Die Rhinoweek vir o13- spanne vind daarna van 15 tot 18 Julie op die Isak Steyl-stadion plaas.

 Dit is ‘n groot finansiële inspuiting vir die streek met duisende kinders, ouers en beamptes wat in die omgewing se koshuise en ander akkommodasie tuisgaan.

Na afloop van die Rhinoweek word daar spanne gekies wat oorsee gaan toer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button