SportSport

Boksdeure gaan oop vir Vaal se Ruann

Eddie Hearn bied hom 'n groot geveg aan.

VANDERBIJLPARK – Van die een elite-oefenkamp na die volgende. Dit is deesdae die roetine van die oud-Vaaldriehoeker en voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigkampioen, Ruann Visser, wat tans sy boksdroom uitleef.

Hy is tans in Dubai vir nóg ‘n oefenkamp saam met Anthony Joshua, waar hy as Joshua se hoofskermmaat optree.

Ruann het ook onlangs nóg ‘n item op sy bucket list afgemerk toe hy die wêreldbekende sportpromotor, Eddie Hearn, ontmoet het.

“Hy het met my gesels en my ‘n groot geleentheid aangebied om in die Verenigde Koninkryk te veg. Ek is ongelooflik opgewonde. Ek is ook reeds bespreek om Oleksandr Usyk en Tyson Fury met hul voorbereiding vir hul opkomende gevegte te help,” het hy opgewonde gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button