SportSport

Midvaal-trio gereed om Suid-Afrika se vlag in Italië hoog te laat wapper

Sal teen meer as 6 000 deelnemers uit 109 lande in Italië meeding.

MEYERTON. – Twee van Midvaal se belowende jong skopboksers en hul afrigter maak gereed om Suid-Afrika van 18 tot 29 September by die Junior Wêreldkampioenskap in Skopboks in Italië te verteenwoordig.

Die Protea-skopboksers Anika Storm en Sanmari Geldenhuys, albei van Meyerton Fighting Systems, is vir die Suid-Afrikaanse span gekies wat aan die gesogte kampioenskap gaan deelneem. Meer as 6 000 vegters uit 109 lande sal na verwagting aan die toernooi deelneem.

Anika sal in die Younger Junior Girls K-1-afdeling deelneem, terwyl Sanmari in die Junior Ladies K-1-afdeling haar staal teen van die wêreld se beste jong skopboksers sal wys.

Hulle sal vergesel word deur hul afrigter, David Kies, wat as afrigter van die Suid-Afrikaanse junior span vir die kampioenskap aangewys is.

Midvaal se uitvoerende burgemeester, Peter Teixeira, het die sportlui onlangs ontmoet om hulle geluk te wens met hul prestasie en hulle sterkte toe te wens vir die uitdaging wat voorlê.

Teixeira het die trio geloof vir hul toewyding en harde werk en gesê hulle is uitstekende ambassadeurs vir Midvaal en Suid-Afrika.

Hy het sy vertroue uitgespreek dat die sportlui hul gemeenskap trots sal maak wanneer hulle op die wêreldverhoog meeding.

“Ons wens Anika, Sanmari en afrigter Kies alle sterkte toe. Mag julle die Midvaal- en Suid-Afrikaanse vlag hoog laat wapper,” het Teixeira gesê.

Die Junior Wêreldkampioenskap in Skopboks word as een van die grootste junior skopbokstoernooie ter wêreld beskou en bring duisende jong deelnemers van meer as 100 lande byeen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button