SportSport

Emmies is super trots op hul hoof

sy aanstelling beklemtoon die gehalte van sportbeamptes wat die Vaal produseerz.

VANDERBIJLPARK – Frans van Kradenburg, skoolhoof van Laerskool Emfulenipark, verteenwoordig TANS Suid-Afrika as kontinentale beoordelaar by die 15de Afrika-boogskietkampioenskap wat tans in Oran in Algerië aangebied word.

Die kampioenskap wat van 21 tot 26 Julie plaasvind bring 138 boogskutters uit 18 Afrika-lande byeen om vir kontinentale titels mee te ding. Die byeenkoms dien ook as ‘n kwalifiserende toernooi vir die 2026 Jeug Olimpiese Spele in Dakar vir o.18-herhalingsboogskutters.

Frans van Kradenburg (regs) verteenwoordig Suid-Afrika as beoordeelaar by die Afrika Boogskskietkampioenskap.

Van Kradenburg is welbekend in die boogskietgemeenskap en dien as president van die Suid-Afrikaanse Nasionale Boogskietvereniging (SANAA) en sy aanstelling beklemtoon die gehalte van sportbeamptes wat die Vaal produseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button