VEREENIGING – Alles is Saterdag by die Barnyard rooi, groen en wit wanneer die eerste rugbyspan van Vereeniging Rugbyklub op sy tuisveld vir Springs in die halfeindronde van die Valke Peregrine-liga aandurf.
Met ‘n plek in die eindstryd op die spel, word ‘n groot skare ondersteuners verwag om die tuisspan aan te spoor.
Die hekke maak om 13:00 oop, terwyl die eerstespan-kragmeting stiptelik om 16:00 afskop. Toegang is absoluut gratis en kos en verversings sal deur die dag beskikbaar wees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!