SASOLBURG – Die Hoërskool Sasolburg was van 30 Julie tot 1 Augustus die trotse gasheer van die Noordvaal Hoërskole Hokkievereniging se o.16B-toernooi.
Twaalf skole van regoor Gauteng, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga het op SHS se astrobaan sake uitgespook.
Die Deelnemende skole was Curro Klerksdorp, Curro Vanderbijlpark, Kempton Park, Ben Vorster, Montana, Selly Park, Transvalia, Randburg, Zwartkop, Piet Retief, Stanford Lake en Rustenburg.

Die toernooi het oor drie dae plaasgevind en aan jong hokkiespelers die geleentheid gebied om hul talent op ‘n hoë vlak ten toon te stel.

Benewens die mededinging op die veld, het die toernooi ook besoekers na Sasolburg gelok en ‘n welkome ekonomiese inspuiting vir die dorp gebied.
Die Hoërskool Sasolburg het met die suksesvolle aanbieding van die toernooi weereens sy vermoë bewys om groot skolesportgeleenthede van gehalte aan te bied.
