SportSport

Valia en Dokkies wys hul staal

Maak die Vaaldriehoek trots by Noordvaal-kompetisie.

VANDERBIJLPARK – Hokkie is ‘n wrede minnares. Wanneer dinge goed gaan, is ‘n mens in die sewende hemel.

Hoe verder mens vorder hoe minder is die ruimte vir foute. Dit is weer tydens die uitspeelronde van die Noordvaalkompetisie vir o14-dogterspanne beklemtoon.

Groot vreugde vir Dokkies.

Die toernooi het gister in Vanderbijlpark op Curro se astrobaan na vier dae se mededingende hokkie tot ‘n einde gekom.

Hoewel die toernooi weens ysige en gure reënweer op ʼn antiklimaks geëindig het, het die vier dae se wedstryde oorgenoeg opwinding opgelewer. Die HS Merensky en HS Noordheuwel deel vanjaar die beker.

Valia in aksie teen Nelspruit.

Vanuit ʼn plaaslike oogpunt het die HS Transvalia en Dr. Malan gewys dat die toekoms van hokkie in die Vaaldriehoek in veilige en bekwame hande is. Valia het in die doodsnikke van hul kragmeting teen Nelspruit na ʼn omstrede beslissing met 1-0 verloor om vierde in die toernooi te eindig.

Dokkies in aksie teen Volkies.

Die Dokkies het Heidelberg Volkskool in hulle uitspeelwedstryde geklop om vyfde te eindig.  

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button