SportSport

Bulls se horings te stomp vir All Blacks

Het geen teenvoeter vir Nieu-Seelanders se spel.

PRETORIA – Die All Blacks het gisteraand hul voorneme vir volgende naweek se toets teen die Springbokke duidelik gemaak toe hulle die Vodacom Bulls oortuigend met 50-19 op Loftus Versfeld in Pretoria verslaan het.

Beauden Barrett van die All Blacks word deur Marcell Coetzee vasgevat. Foto: Ettienne van Rensburg

Nieu-Seeland is steeds onoorwonne op hul Suid-Afrikaanse toer en het al drie hul toerwedstryde sover gewen. Die All Blacks het die Stormers met 38-21 geklop, die Haaie met 54-0 verneder en Saterdag agt drieë teen ‘n sukkelende Bulls span gedruk.

Die drie oorwinnings het die All Blacks se toerrekord tot 142 punte vir en slegs 40 punte teen laat aanskuif. Dit was ’n indrukwekkende vertoning aan die vooraand van eerskomende Saterdag se toets op Ellispark teen die wêreldkampioen.

Ambrose Papier, skrumskakel van die Bulls verlig die druk met sy skopskoen. Foto: Ettiennne van Rensburg

Die Springbokke het ses van die 11 toetse teen die All Blacks op Ellispark gewen. Die Bokke het hul laaste ontmoeting op Ellispark in 2024 met 31-27 gewen en sal graag op die rekord vir voortbou.

Die Bulls het nie ’n antwoord gehad op die tempo en akkuraatheid van die Nieu-Seelanders se aanvalle nie. Die besoekers het reeds met rustyd met 24-0 voorgeloop en uiteindelik agt keer die doellyn oorgesteek.

Respek! Die All Blacks se jaka by altyd bitter spesiaal. Foto: Ettienne van Rensburg

Syfers lieg nie, as jy 42 duikslae teen die All Blacks mis, gaan jy aan die kortste ent trek.

Rassie Erasmus se Springbokke sal egter ’n heel ander uitdaging bied wanneer die twee rugbyreuse mekaar aandurf. Die intensiteit sal veel hoër wees en die All Blacks weet goed dat die wêreldkampioene hulle tot die uiterste sal beproef.

Die All Blacks sing hul volkslied uit volle bors. Foto: Ettienne van Rensburg

Codie Taylor, wat die All Blacks vir die eerste keer as kaptein aangevoer het, het twee drieë gedruk. Josh Moorby en Leroy Carter het ook elk twee keer gaan druk, terwyl Rieko Ioane en Wallace Sititi die ander drieë aangeteken het.

Twee Bulls-spelers probeer hul bes in die verdediging. Foto: Ettienne van Rensburg

Die Springbokke sal nou moet sorg dat hulle nie dieselfde ruimte en geleenthede aan die All Blacks bied nie.

Cody Taylor op die aanval. Foto: Ettienne van Rensburg
Marcell Coetzee van die Bulls harloop uit die tonnel op Loftus Versfeld. Foto: Ettienne van Rensburg
Rieko Loane is op pad doellyn toe. Foto: Ettienne van Rensburg
Paul de Wet bring verligting met sy geleerde skopvoet, Foto: Ettienne van Rensburg
Lynstaanksie op sy beste!
Laagvatte soos hierdie was maar min, Die Bulls het 42 duikslae teen die All Blacks verbrou, Foto: Ettienne van Rensburg

PUNTEMAKERS:

Bulls: Drieë: Ruan Vermaak, Stravino Jacobs, Marcell Coetzee
Doelskoppe: Curwin Bosch (2).

Nieu-Seeland: Drieë: Josh Moorby (2), Codie Taylor (2), Leroy Carter (2), Rieko Ioane, Wallace Sititi
Doelskoppe: Beauden Barrett, Josh Jacomb (4).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button