SportSport

Stallions-vegters oes medaljes in

Spog met onder meer 23 goue medaljes.

VEREENIGING – Die Stallions Skopboksklub se vegters het op 29 en 30 Augustus by die RCFA All Out War in Potchefstroom die medaljes ingeoes.

Die toernooi het verskeie skopboks- en vegkunsafdelings ingesluit.

Drikus de Bruyn was een van die klub se top presteerders met vyf goue medaljes. Alexo Zervogiannis het drie goue en twee silwer medaljes verower, terwyl Eli Mcleod drie goue, twee silwer en ‘n bronsmedalje ingepalm het.

Ian Mcleod het twee goue, twee silwer en ‘n bronsmedalje verwerf. Angelo Zervogiannis is as die Suid-Afrikaanse kampioen in die o65kg-afdeling gekroon.

Liza Smith het voorts twee goue medaljes gewen en Monique Germishuizen het ook twee keer goud om haar nek gehang. Mellisa Germishuizen het goud en twee silwer medaljes gewen, terwyl Lambertus van der Vyver met een goud, twee silwer- en ‘n bronsmedalje huis toe is.

Gerrie Claassen het ook nie op hom laat wag nie hy het ‘n silwer en ‘n bronsmedalje verower. Anika en Gerda van Dalen onderskeidelik goud en silwer verwerf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button