SportSport

Randfontein verpletter VRK se bekerdroom

VRK trek aan kortste ent in drieëfees.

VEREENIGING – ‘n Enkele punt. Dit was Saterdag die verskil tussen die houtlepel en ‘n kans om vir die eerste keer in die geskiedenis tot die kwarteindronde van die Gold Cup deur te dring.

Die eerste rugbyspan van die Vereeniging Rugbyklub (VRK) se bekerdroom is op sy tuisveld verpletter toe hy met 48-47 deur Randfontein geklop is.

Die wipplankstryd was propvol kinkels en draaie met die voorsprong wat gereeld hande verwissel het. Randfontein moes nader die prop op die sjampanjebottel terugdruk nadat hy ‘n voorsprong van 48-33 amper verspeel het.

VRK het diep gedelf en sy plaasvervangerbank het amper die wa deur die drif getrek met ‘n blitskrieg, maar dit was te min te laat. Randfontein kom nou teen Naka Bulle in die kwarteindronde te staan.

Die ander kwarteindstryd is: Brakpan teen Northam Platinum Rhinos. Roses United t Durbanville-Bellville en College Rovers t Gardens.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button