Sport

VRK mik om kampioen te klop

Span sal moet uithaal en wys om die Rhinos tuis te klop.

VEREENIGING – D-dag breek eerskomende Saterdag in die derde rondte van die Sibanye Stillwater Superliga aan wanneer Vereeniging Rugbyklub (VRK) se eerste rugbyspan die verdedigende kampioen, die Northam Rhinos, in Thabazimbi aandurf.
Die Naka Bulle, Northam Rhinos, Brakpan, Sibanye Warriors, Grizzlies, Wanderers en Vereeniging is na twee rondes steeds onoorwonne.

VRK het verlede Saterdag vir TUT met 26-3 geklop nadat die wedstryd kort na rustyd weens weerlig afgelas is.
Flip de Kock en Nollis Marais is nou aan die stuur van sake by die Rhinos na die tragiese en skielike afsterwe van hul hoofafrigter Bevin Fortuin.

Dis nie die grootte van die hond in die geveg nie maar die veggees in die hond wat tel. Dit het TUT Saterdag in Vereeniging uitgevind. Hier kry David aka R. Oosthuizen vir Goliat van TUT aan die trui beet.

Die Rhinos het die Naka Bulle in verlede jaar se eindstryd geklop en gaan ‘n moeilike derduiwel op sy tuisveld wees.
Vereeniging is tans goed op dreef en sal veral versigtig optimisties wees na hulle sege met 40-34 oor Harlequins in die eerste rondte.

Die Rhinos het in die tweede rondte harde bene gekou om die Quins met 38-26 te klop.

Volg my vinger! ‘n Speler van TUT word deur ‘n paramedikus behandel nadat hy ‘n stamp teen die kop gekry het.

VRK se lywe gaan ook redelik vars wees aangesien hulle glad nie stampe en stote in die tweede helfte van hulle kragmeting teen TUT verduur het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button