Local newsSport
Wêreldklas astrobaan vir NWU Vaal
Die goot gewag vir NWU Vaal se astrobaan is amper verby.
VANDERBIJLPARK – Die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus is ‘n nuwe astro-baan ryker. Die kampus se sportfasiliteite het die afgelope paar jaar met rasse skrede verbeter.
Die rugbyklub spog met ‘n nuwe veld en ‘n opgegradeerde klubhuis en kleedkamers, terwyl die netbalbane ook ‘n paar jaar gelede oorgedoen is.
Die hokkieklub het geduldig gewag maar dit was die moeite werd. Turftech is tans besig met die afronding van die watergebasseerde astrobaan wat ‘n wêreldklas hokkieveld aan die studente en gemeenskap gaan besorg.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
