Sport

Rhinos gaffel VRK

Streeptruie veg verbete terug teen verdedigende kampioen.

VEREENIGING – Die Vereeniging Rugbyklub se eerste rugbyspan het Saterdag in Thabazimbo groot karakter en veggees gewys maar moes uit eindelik met 26-50 die knie teen die Northam Rhinos in die Sibanye-Stillwater Superliga buig.

Die Rhinos het rustyd met 29-0 voorgeloop, maar die besoekers van Vereeniging het in die tweede skof hand en tand terugbaklei en 26 punte in die tweede helfte aangeteken.

Die Rhinos het met die sege tot die halfeindronde van die kompetisie deurgedring waar hy teen Brakpan te staan kom. In die ander halfeindstryd kom die Naka Bulle teen die Warriors te staan.

Die Bulle en Rhinos behoort mekaar in die eindstryd te ontmoet in ‘n herhaling van verlede jaar se eindstryd.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button