Sport
Wêreld se beste vegters in die Vaal
Die Emerald Resort se fasiliteite is perfek om 'n kampioenskap van hierdie omvang en aansien aan te bied.
VANDERBIJLPARK – Van 3 tot 5 April gaan die Emerald Resort en Casino in rep roer wees met die RCFA Wêreld Kampioenskap wat daar plaasvind.
As jy ‘n geesdriftige van skopboks is, kan jy nie Ring Contact Fighting Arts South Africa (RCFASA) se kampioenskap misloop nie, van die land en die wêreld se skopboksers gaan hier in aksie wees.
Die Emerald Resort se fasiliteite is perfek om ‘n kampioenskap van hierdie omvang en aansien aan te bied. RCFASA maak gereeld van hierdie fasiliteite gebruik en die onlangse suksesvolle aanbieding van die Gauteng Skaakkampioenskap het die venue se geskiktheid vir groot toernooi verder onderstreep.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
