VANDERBIJLPARK – Die HS Transvalia skop op 10 Maart sy veldtog in die NWU Skolesportreeks teen Oos-Moot af.
Met die atletiekseisoen wat einde se kant toe staan en die Gauteng Kampioenskap wat die naweek in Germistin plaasvind, verskuif die fokus nou na die wintersport.
Die eerste rugby, hokkie en netbalwedstryde skop reeds om 12:00 af met die eerste rugby (16:40), hokkie (15:30) en netbal (15:30) wat die hoogtepunte van die dag sal wees.
Toegang beloop R30 per persoon en R20 per kar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
