EntertainmentLifestyleReviews

‘n Reeksmoordenaar of dalk iemand erger?

'n Reeks moorde skok Kaapstad se inwoners en kaptein Kassie Kasselman moet al sy speurvernuf inspan om die misdadiger vas te trek voordat daar nog slagoffers is.

Met hope intrigue, aksie en sal Kopskoot van Rudie van Rensburg ‘n treffer wees by diegene wat van ‘n goeie dosis misdaadfiksie hou.

Kaptein Kassie Kasselman moet op die spoor kom van ‘n moordenaar wat Kaapstad se 56-jarige mans teiken. Alhoewel al die moorde klaarblyklik dieselfde modus operandi volg en al die slagoffers dieselfde ouderdom is, is Kassie nie oortuig dat dit ‘n reeksmoordenaar is nie.

Daarby moet hy ‘n skouspelagtige skilderyvervalsing ondersoek by sy hope werk voeg. ‘n Glibberige aktuaris (56) met ‘n voorliefde vir prostitute, wat die leisels van ‘n groot maatskappy gaan opneem tensy sy afperser nie die oorhand kan kry nie sorg ook vir moeilikheid.

Boonop wonder Kassie of hy lank genoeg sy aaklige nuwe gesondheidsdieet sal kan oorleef om te sien hoe als met mekaar verband hou.

 

Om ‘n kans te staan om ‘n eksemplaar te wen, antwoord hierdie vraag: Wie het op die skudblad (voorblad) kommentaar oor die boek gelewer?

Die sluitingsdatum is 26 Mei om 16:00.

Die eerste korrekte antwoord wen die prys.

Sien terme en voorwaardes hier: https://www.citizen.co.za/lowvelder/terms-and-conditions/.

One Comment

  1. Ek wil graag aan die kompetisie vir Kopskoot, speurverhaal deur Rudie van Rensburg deelneem. Deon Meyer het die kommentaar gelewer

 
Back to top button