EntertainmentLifestyleReviews

Sokkie op die maat van Die Campbells se nuwe CD

Luister na treffers soos Stoutgat, Vlinders en Karate Water op Die Campbells se splinternuwe CD, Fanta & Cola.

Die Campbells met hul mengsel van Country- en Sokkie-musiek is terug met ‘n splinternuwe CD getiteld Fanta & Coke. Die album spog met sewentien liedjies, waarvan twee keurspelle is.

Treffers soos Stoutgat, Vlinders en Karate Water sal vir dae in jou kop ronddraai en jou lus maak om te gaan sokkie. Ander gunstelinge soos Brown Eyed Girl, Osbraai op Kromdraai en Red Red Wine is ook vervat in hierdie album.

Die Campbells raak al hoe gewilder en het reeds 14 albums en 6 DVD onder die blad. Hulle is bekend vir liedjies soos Bietjie Bietjie Lam, Vat my Vas, Sewe Soene en Rooi Rok Bokkie.

Twee lesers kan elk ‘n eksemplaar van Die Campbells se Fanta & Cola wen deur die volgende vraag te antwoord:

Wat is een van die nuwe treffers wat op die CD verskyn?

Sluitingsdatum: 30 Junie, 16:00.

Twee wenners sal uit die korrekte inskrywings gekies word en per epos in kennis gestel word. Wenners sal hul pryse by die Laevelder se kantoor moet kom afhaal.

Sien terme en voorwaardes hier: lowvelder.co.za/terms-and-conditions/.

5 Comments

 
Back to top button