EntertainmentLifestyle

Liewe Heksie gee twee kaartjies na háár vertoning weg

Staan 'n kans om dubbelkaartjies te wen na Liewe Heksie se vertoning by Innibos.

Die geliefde Liewe Heksie is terug! Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar “eerste” verjaarsdag vanjaar by die Innibos fees in Mbombela. Met haar persente, ‘n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak.

Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats) wiele ry. Levinia vra mooi:”Asseblief klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.” Verna Vels se immergroen verhale word verlewendig met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck (alias Dowwe Dolla) is die “ultimate”, nimlike Heksie en Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf. ‘n Aanbieding vir die hele gesin: laasjaar het van die volwassenes gesê- dit was hul vermaaklikste produksie in jare!

Liewe Heksie tree op by Innibos by St Peter’s School feeslokaal op 2 Julie om 10:00, 3 Julie om 14:00, 4 Julie om 10:00 en 5 Julie om 14:00.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Feesgangers staan ‘n kans om dubbelkaartjies te wen as hulle die volgende vrae kan beantwoord.
1.Wie het die karakter van Liewe Heksie geskep?

HEKSIE EN Matewis (Small)

Hoe om in te skryf:

1. Antwoord in die kommentaar blokkie hier onder.

2. Voeg jou kontaknommer by jou antwoord.

3. Wenners gaan in ‘n gelukkige trekking bepaal word.

4. Beoordelaars se keuse is finaal.

 

Die kompetisie sluit Dinsdag, 1 Julie 2014 om 12:00.

 

Organiseerders van die kompetisie sal die wenners kontak en inlig of kaartjies by die deur van die vertoning verky sal word of by Laeveld Media ontvangs.

 

Aanwysings:

 

12 Stinkhout Crescent, Mbombela, 1200.

 

 

Lees die Terme&Voorwaardes hier.

15 Comments

  1. 1.Wie het die karakter van Liewe Heksie geskep?

    Margit Meyer-Rödenbeck aka Dowwe Dolla

    082 332 9798

  2. Verna Vels het die stories van Liewe Heksie geskryf. Barbara – 0829255104

  3. Antwoord: Verna Vels
    My seuntjie wil baie graag “Liewe Heks” gaan kyk!

 
Back to top button