Local sportSport

Steval Pumas se sterkstes takel Valke

Die Steval Pumas se agterlyn kon die afgelope seisoen nie hond haaraf maak nie, maar met die veelsydige en uiters instinktiewe speler, Jerome Pretorius kan dit net wees waarom die span se spil die naweek draai.

Die afrigters, MJ Mentz en Corné Steenkamp, het altesaam vier veranderinge aan die span aangebring wat vanaand op Mbombela Stadion teen die Hino Valke uitdraf. Pretorius is in die plek van die vleuel, Ruwellyn Isbell gekies. Reynier van Rooyen begin op skrumskakel met Sinovuyo Nyoka op die plaasvervangersbank, terwyl Johan Herbst in ‘n voor-wedstryd teen Nelspruit Rugbyklub speel.

Lambert Groenewald sal die nommer-agttrui oor sy kop trek terwyl ‘n beseerde Jason-Colin Fraser nie vir die wedstryd oorweeg is nie. “Jason het ‘n goeie wedstryd teen die Luiperds gehad en was teen Dinsdag 70 persent reg, maar ons gee hom eerder die nodige hersteltyd sodat hy reg sal wees vir die Curriebeker,” sê Mentz.

Khwezi Mona skuif van losskupstut na vaskop toe om plek te maak vir Sabelo Nhlapo.

“Mona is ‘n baie sterk skrummer en dit is ‘n groot pluspunt vir ons om hom op albei posisies te kan gebruik,” verduidelik Mentz. Die kantman, Jaco Bouwer sal in sy 111ste, ook as die Nelsonstryd bekend, speel.

“Hy het verlede week vir die eerste keer die jaar die kans gekry om te begin.

“Die aantal wedstryde waarin Jaco gespeel het maak nie saak nie, hy gee in elke wedstryd sy alles.”

Dié sal die Laevelders se laaste amptelike tuiswedstryd vir die Vodacombeker wees met die uitklopwedstryde wat oor twee weke begin. Die kragmeting skop om 19:00 af en die voorwedstryd om 16:30.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button