Local newsNewsNews

Innibos nog nie terug na pre-Covid-glorie, maar 2022 is definitief “Heeltyd Feestyd”

Die direksie van Innibos wil geen kanse neem onder die heersende toestande nie, maar is al reeds hard aan die werk om die eerste volwaardige wintersfees een vir die boeke te maak, en beplan hierdie jaar 'n alternatiewe feesmodel.  

Die Innibos-direksie het tydens ‘n direksievergadering hierdie week besluit dat dit nie wys sou wees om ‘n winterfeesdatum aan te kondig nie.

Die risiko van ‘n vyfde Covid-19-vlaag, die gebeure in Europa die afgelope winter én die feit dat groot byeenkomste die heel laaste ding is wat oopgemaak sal word as beperkings in Suid-Afrika gelig word, het hierdie besluit genoodsaak.

“Ons kan nie die fees in sy gewone formaat aanbied as daar enigsins beperkings is nie,” het dr. Mathews Phosa, die direksievoorsitter, gesê.

“Die feesterrein is die hartklop van die fees en die risiko vir die feesgangers, kuntenaars, borge en diensverskaffers is net te groot as ons dit sou moet kanselleer.

Innibos moes in 2020 twee feeste op die nippertjie kanselleer, en ons wil dit nie weer doen nie.

“Daar gaan beslis in 2023 ‘n groot Innibos plaasvind, en ons begin nou reeds met beplanning daarvoor. Ons beoog ‘n alternatiewe feesmodel vir 2022 onder die vaandel “Heeltyd Feestyd”, met opwindende feesprojekte dwarsdeur die jaar. Een hiervan is ‘n buitelugekspo en familiefees met die subtitel “Manne, dis ‘n voorreg” wat einde September beplan word vir sowat 3 000 feesgangers.

Buiteluguitstallings, demo’s, snuisterystalletjies, feeskos, ‘n musiekverhoog, ens. sal deel hiervan wees.

“Daar word ook gedurende die jaar onder andere ‘n teatersafari en verskeie musiekkonserte met klassieke, jazz en rockmusiek beoog. Besonderhede van dié jaar lange feestelikheid sal in Maart gefinaliseer word.

“Dis vir ons ‘n groot hartseer dat ons nie die gewone fees kan hou nie, maar dit is beslis die wysste besluit om nou te neem.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button