GalleriesSchool sportSchools galleriesSportSports galleries

Atlete gee hul bes en ryg die medaljes in

Toe die hoogtepunt van die atletiekseisoen eindelik aanbreek, was leerlinge van Laerskool Lydenburg in goeie luim en slaggereed vir interlaer-aksie.

LYDENBURG – Toe die hoogtepunt van die atletiekseisoen eindelik aanbreek, was leerlinge van Laerskool Lydenburg in goeie luim en slaggereed vir interlaer-aksie.

Met goeie gees het dié wat verantwoordelik was vir die sang die atlete aangemoedig en tot ‘n baie suksesvolle dag bygedra. Atlete het ‘n totaal van 13 goue medaljes, 13 silwer asook 10 brons ingepalm.

Verder het Tiaan Pretorius en Marius Nel die rekords laat spat. Pretorius het die rekord vir die 80m-hekkies s/13, in ‘n tyd van 12,42sek verbeter, terwyl Nel sy naam langs die verspring rekord kon skryf. Met ‘n afstand van 4,2m het hy as wenner vir die s/10 uit die stryd getree en is ook as die beste senior hekkiesatleet en beste senior baanatleet aangewys en ontvang die trofee vir beste junior victor ludorum.

Topprestasie vir die dag (bo 700 punte)

1. Lallie Grobler

2. Jane Vorster

3. Marius Nel

4. Su-Marie van der Berg

5. Zimele Sibanyoni

6. Chante Roelofze

7. Tiaan Pretorius

8. Miane du Plessis

9. Zandre Janse van Rensburg

10. Ané Coetzee

11. Byron Snyders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button