Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyleSchools galleries

Lekker skoffel by jaarlikse Lentedans

Die Lentedans is ‘n Graad 7 fondsinsamelings projek wat jaarliks deur die skool aangebied word.

LENTEDANS

LYDENBURG – Daar is verlede Saterdag weer lekker geskoffel tydens Laerskool Lydenburg se jaarlikse Lentedans.

Die skool bied dié dans aan ter viering van die lang verwagte warm seisoen na ‘n lang, koue winter.  Die dans is gehou in die stadsaal van Thaba Chweu Munisipaliteit.

Volgens me Neeltjie Brits was dié jaar se dans weer ‘n groot sukses. “Ons het sowat 180 mense gehad by die dans. Die kos was vreeslik lekker en niemand wou hê dat die musiek afgesit word nie.”

Die Lentedans is ‘n Graad 7 fondsinsamelings projek wat jaarliks deur die skool aangebied word. Brits sê dat daar die jaar besondere kreatiewe ouers betrokke was. “Die dans word al vir jare deur die skool aangebied en het soortvan ‘n tradisie geword.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button