Spelers ryg behoorlik pryse in by Kambaku
Pryse ter waarde van R22 000 is gewen by die Garnaalfeeskomitee se gholfdag op Saterdag, 22 Augustus by Kambaku Gholfklub. John O Reilly, voorsitter van die komitee, het al die borge bedank wat die dag moontlik gemaak het. Die komitee werk reeds hard om vir Komatipoort ‘n groot en baie spesiale Garnaalfees aan te bied …

Pryse ter waarde van R22 000 is gewen by die Garnaalfeeskomitee se gholfdag op Saterdag, 22 Augustus by Kambaku Gholfklub.
John O Reilly, voorsitter van die komitee, het al die borge bedank wat die dag moontlik gemaak het. Die komitee werk reeds hard om vir Komatipoort ‘n groot en baie spesiale Garnaalfees aan te bied en dié dag is een van hul fondsinsamelingspogings vir die doel.
Die formaat van die spel was IPS (Individual Stableford Score) wat beteken elke speler was afhanklik van hul eie telling. ‘n Totaal van 76 spelers het ingeskryf. Sophies Kambaku Restaurant het die spelers getrakteer met heerlike garnale op die spyskaart.
Die uitslae is as volg:
Eerste – Fanie Niewenhuisen met 40
Tweede – Rose Powel met 40
Derde – Nick Visser met 37
Vierde – Kevin Nott met 37
Vyfde – Karien Greyvenstein met 36
Sesde – Andrè Mulligan met 36
Sewende – Charles Gates met 36
Agste – Nico Kruger met 34
Negende – Danny Cato met 34
Tiende – Herman Schutte met 33.




















