Community galleriesGalleriesLocal newsNews

NHS sê dankie aan rolspelers

Ouers, oud-ouers, vriende en kennisse wat al vir jare deel van die skool is, of selfs dié wat eers onlangs by die NHS-familie aangesluit het, is onder andere bedank vir hulle bydrae tot die skool se sukses.

MBOMBELA – Hoërskool Nelspruit (NHS) het onlangs ‘n geleentheid aangebied om die skool se waardering teenoor elkeen wat ‘n invloed op die afgelope jaar se sukses gehad het, uit te spreek.

Ouers, oud-ouers, vriende en kennisse wat al vir jare deel van die skool is, of selfs dié wat eers onlangs by die NHS-familie aangesluit het, is onder andere bedank vir hulle bydrae tot die skool se sukses.

Die Huis Hermann Davin-eetsaal is nie net gebruik om gaste te onthaal met heerlike eetgoed en iets te drinke as ‘n gebaar van bedanking nie, maar ook om die opwindende nuus van toonaangewende verandings aan te kondig.

Die skool getuig dat dit nie net nice to haves is nie, maar dat dit iets is wat móét gebeur om vir NHS se kinders te gee wat hulle verdien sodat hulle nie in gemiddeldheid verdrink nie.

Skoolhoof dr. Louis Swanepoel sê dat NHS nie skrik vir opdraandes nie, maar kan dit nie sonder die ondersteuning van die toegewyde leerlinge, ouers en ander rolspelers doen nie, “en daarvoor het ons die hoogste waardering en repek”.

Hy reken dat dit hoogtyd is om die B-rugbyveld op te gradeer, met die toevoeging van ‘n addisionele oefenveld met aantrekfasiliteite.

Die skool wil ook vir die hokkiespelers die geleetheid gee om op ‘n kunsgrasveld (AstroTurf) te kan deelneem.

“Dit is nie meer realisties om op gras te oefen en teen groter skole op kunsgras mee te ding nie.

As ons die vlak van kompetisie wil tegemoet kom, is dit iets waarna ons moet kyk,” voeg Swanepoel by. Die bou van die baan sal volgende jaar ‘n aanvang neem. ‘n Veeldoelige sentrum wat aan alle kultuurbehoeftes sal voldoen, word ook in die vooruitsig gestel.

Planne is feitlik gereed om Nellies Klub 1000 nader aan die skool te skuif en ook die museum só in te rig, dat besoekers die ware geskiedenis van só ‘n suksesvolle skool kan beleef.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button