GalleriesSportSports galleries

Barberton Rugbyklub sluit 2015 af op ‘n vrolike noot

Baie geluk aan al die Barberton rugby spelers met die prestasies.

Foto’s: Cindy De Jager

Die jaareindfunksie en prysuitdeling van Barberton Rugbyklub het onlangs by Coronation Park plaasgevind.
Borge wat die aand teenwoordig was was Obaro, Renier Oelofsen Prokureurs, Wimpie Koekemoer en Johan de Jager. Die gasspreker was Louis Koen van die Puma Rugbyunie.
Na verloop van die prysuitdeling was daar heerlik geëet en gekuier in die klubhuis.

Die trofeewenners vir die tweedespan was as volg:
Meeste man van die wedstryd – Quinton Kriel
Agterspeler – Mduduzi Shongwe
Voorspeler – Ruan Croukamp
Veelsydigste speler – Ruben Jansen van Vuuren

Die trofeewenners vir die eerstespan was as volg:
Meeste man van die wedstryd – Phulane Sowane
Agterspeler – Banie van Aswegen
Voorspeler – Hans Meyer
Veelsydigste speler – Wimpie Koekemoer

Beste vordering – Zander Geyer
Meeste drieë gedruk – Terblanche
Rugbyspeler van die jaar – Ruan Croukamp
Juniorspeler – Phumlani Msibi
Leierskaptrofee – Hans Meyer
Rugbyklub se speler van die jaar – Hans Meyer.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button