CVO-kleuters hou konsert
Waterval CVO Preprimêr het verlede Donderdag hulle jaarlikse konsert en prysuitdeling gehou
BURGERSFORT – Waterval CVO Preprimêr het verlede Donderdag hulle jaarlikse konsert en prysuitdeling gehou.
Me. Lyn Esser, een van die gaste vertel dat die krag afgegaan het tydens die geleentheid maar dat me. Mariske Joubert, die skoolhoof en haar span steeds die bal aan die rol gehou en voortgegaan het met ‘n uitstekende konsert.
“Vanjaar se tema was Mengelmoes-kardoes en ons twee- tot vierjarige kleuters het liedjies soos ‘Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei’ en ‘Die dapper muis’ gesing en gedans terwyl die vyf- tot sesjarige groep Rooikappie en Aspoestertjie opgevoer het,” vertel Joubert.
Esser voeg ook by dat almal in die gehoor ‘n knop in die keel gekry het toe die kleingoed die konsert met ‘n lied, “U liefde” afgesluit het.




