Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Liefde gedy toe Tin Shack sy deure heropen

Die Tin Shack Café het dié naweek sy deure heropen.

Die Tin Shack Café het dié naweek sy deure heropen met Zuleka Malan as die nuwe eienaar. Die Valentysnaweek se feesvieringe het Vrydag begin en tot Sondag aangehou. Die hele naweek was ‘n reusesukses en Zuleka wil graag die volgende mense bedank: Dalwin en Sharon MacDonald van Marlothii Trading Centrum vir hulle bystand, raad en ondersteuning. Belinda Maia en Sheena de Kock vir hulle hulp en geduld met die opstel van rekenaars. Vir “my Marlothpark pa en ma”, Johan en Aletta Veldsman, vir hulle hulp en bydrae met die versiering van die restaurant. Die personeel van die Tin Shack Café vir hulle harde en toegewyde werk.

Almal wat tydens die Valentysnaweek die restaurant besoek het, as ook ‘n groot dankie aan Anne-Mari vir haar optrede. “Ek is trots om jou nig te wees,” sê Zuleka. “Aroux Delport, sonder jou hulp, bystand en ondersteuning sou ek dit nooit kon deurdruk nie. En ten laaste, alle eer aan my Heer en Meester,” het sy afgesluit.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button