Community galleriesGalleriesLocal newsNews
Eenrigtingstraat sterf vinnige dood
Die nuwe eenrigtingstraat was nie 'n dag oud nie toe is die nuwe padtekens weer verwyder en toegeverf is. Neem kennis dat alles is soos dit voorheen was en die pad is oop vir verkeer van beide kante.
Op Maandag was van die dorp se motoriste redelik verward toe hulle agterkom dat hulle besig was om die verkeersreëls te oortree deur in ‘n eenrigtingstraat op te ry. Adcock, vanaf Natal tot by De Villiers, is in die loop van die dag in ‘n eenrigting omskep – klaarblyklik sonder enige vooraf kennisgewing.
Almal kan nou maar weer ontspan, aangesien die nuwe padtekens Dinsdagoggend weer verwyder en toegeverf is. Barberton Times kon nie met die direkteur van gemeenskapsdienste, Comfort Makhanja of met die hoof van die verkeersafdeling, Stanley Nkabinde in aanraking kom om lig op die saak te werp nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






