Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Potte prut alte lekker vir ‘n goeie saak

Oor sy kuier by Thinus en Ina Breedt van Jathira sê Ben Kruger “Daar is nie ‘n kuier wat kan kers vashou by ‘n Laeveldkuier nie!” Na die wenners aangewys is, is daar verder tot laat gekuier.

Die jaarlikse potjiekoskompetisie wat die naweek deur die Nederduitsch Hervormde Kerk by Jathira Kuiergat aangebied is, was groot pret. Daar was altesaam 13 spanne wat ingeskryf het en van vroeg reeds was die manne en vroue doenig om hulle stalletjies mooi te maak om die beoordelaars se oog te vang. Dit was ‘n gesins- en kuierdag waarvan die etekaartjies alle bykosse ingesluit het. Geen inskrywingsfooi was vir die deelnemende spanne gehef nie en daar was geen beperking op die getal lede per kookspan nie.

Elke groep was verantwoordelik vir sy eie vuurmaakgoed en bestanddele, en die kos wat hulle gekook het was met die etekaartjies betaal waarvan die opbrengs aan die kerk gegaan het. Teen 17:00 was al die potjies gereed en was dit maar ‘n moeilike besluit om die wenners aan te wys, aangesien almal heerlik gelyk het. Boonop was een van die drie beoordelaars niemand anders nie as akteur Ben Kruger (Okkie van Binnelanders) wat ook ‘n befaamde potjiekoskenner is.

Kruger se blote teenwoordigheid het by tye ook gesorg vir baie pret, veral onder die skoner geslag. Hy sê sy kookboek, Wild en Warm, is vir die jagter geskryf. “Alhoewel daar ‘n paar potjieresepte in is, is die boek so opgestel dat al die resepte oor ‘n oop vuur in die veld voorberei kan word,”

Verder vertel hy dat sy liefde vir potjiekos eintlik ontstaan het toe hy jare gelede met die opening van Silver Lakes in Pretoria aan ‘n potjiekoskompetisie deelgeneem het. Die, sê hy, was ‘n totale fiasco en hy het dit van toe af sy erns gemaak om alles oor potjiekos te leer.

Oor sy kuier by Thinus en Ina Breedt van Jathira sê hy “Daar is nie ‘n kuier wat kan kers vashou by ‘n Laeveldkuier nie!” Na die wenners aangewys is, is daar verder tot laat gekuier.

Ds. Petrus Dreyer sê die fondse wat genereer is, sal aan die een kant help om die gemeente se finansiële las ligter te maak, maar ook om te verseker dat die kerk voortgaan om die Evangelie te verkondig en sy liefdadigheidsopdrag uit te voer. Hy het hartlik dankie gesê aan al die individue en maatskappye wat bydraes tot hierdie fondsinsameling gelewer het.

Die wenners en koopbewyspryse van Crown Slaghuis was:
• Eerste: Liezl Viljoen – R500
• Tweede: Team Master Chef – R300
• Derde: BarbertonTimes – R100.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button