Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Inwoners koop en skoffel by markdag vir Rusoord

Met 'n markdag wat Saterdagoggend by die ouetehuis gehou is en 'n gratis dans later die aand, is 'n mooi bedrag van R11 500 ingesamel

LYDENBURG – Inwoners van Rusoord Ouetehuis is glad nie bang om hulle moue op te rol om die nuwe bussie wat hulle onlangs aangeskaf het, so gou as moontlik af te betaal nie.

Met ‘n markdag wat Saterdagoggend by die ouetehuis gehou is en ‘n gratis dans later die aand, is ‘n mooi bedrag van R11 500 ingesamel.

Die dag is gereël deur Sandri Viljoen en Nico de Beer van Thorncliff Gasteplaas. Die twee het die inisiatief geneem om veral die aand se dans vir inwoners en gaste spesiaal te maak.

Melkskommels, springmielies en ander eetgoed is gratis aan die besoekers uitgedeel terwyl daar lekker geskoffel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button