Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Fundi verstom klante met kennis oor verwerking van wildsvleis

Jagters van die kontrei is verlede Vrydag bederf met 'n wildsvleisverwerkingswerkswinkel by Cheap Cheap Slaghuis waar Elize de Witt, 'n vleissnytegnikus demonstrasies aangebied het.

BURGERSFORT – Jagters van die kontrei is verlede Vrydag bederf met ‘n wildsvleisverwerkingswerkswinkel by Cheap Cheap Slaghuis waar Elize de Witt, ‘n vleissnytegnikus demonstrasies aangebied het.

De Witt wat reeds in 1984 haar opleiding voltooi het, vertel dat haar gr. 10-onderwyser destyds vir haar gesê het dat dit nie ‘n loopbaan vir vroue is nie en dat sy ‘n ander beroep moes kies. Ná skool het De Witt vir ses maande verpleegkunde studeer, maar het gou besef dat dit nie haar passie is nie en het toe oorgeskuif na vleissnytegnikus.

“Ek woon tans in Durban, maar toer gedurig waar ek in samewerking met die Freddy Hirsch-maatskappy verskeie werkswinkels aanbied,” vertel De Witt.

Die het jagters geleer om die volle waarde van ‘n karkas te kry sodat elke stukkie vleis nuttig gebruik kan word.

De Witt het die besoekers geleer hoe om ‘n karkas korrek op te sny, watter resepte en speserye hulle kan gebruik om die wildsvleis te geniet, hoe om die worsmaakproses aan te pak en hoe om meer ekonomiese snitte te kry.

Die besoekers was stomgeslaan deur De Witt se snyvernuf en hulle kon skaars behoorlik woorde uitkry om vrae aan haar te vra. Nog ‘n besoeker het vertel dat wat hulle gewoonlik ‘n volle dag neem met die karkas De Witt binne slegs 16 minute afgehandel het.

Mnr. Elmo Truter Jnr van Cheap Cheap Slaghuis vertel dat hul beplan om hierdie ‘n jaarlikse instelling te maak. “Met die jagseisoen wat binnekort begin, was die werkswinkel ideaal vir ons klante,” voeg Truter by.

Cheap Cheap Slaghuis hou verskeie produkte van Freddy Hirsch vir jagters aan wat graag hulle eie verwerking wil doen. Daar is ook heerlike speserye van die maaatskappy vir biltong en droëwors op hulle rakke beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button