Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Oranje in dorp nou die kleur van veiligheid

By Perry's Bridge voorsien hulle toeriste en besoekers van pamflette wat padkaarte met aanwysings na besienswaardighede in die omgewing het.

Mandla Mabuza, ‘n trotse toeriste-ambassadeur vir Hazyview, se lewe het ingrypend verander sedert hy by die Kruger Lowveld Tourism (KLT)-groep, onder leierskap van Chris Harvie, aangesluit het.

Volgens Mabuza het misdaad baie afgeneem sedert hulle meer sigbaar is in parkeerterreine van winkelsentrums, op die voetgangersbrug, by die Blue Haze Mall en oral in die dorp waar toeriste meestal aandoen.

By Perry’s Bridge voorsien hulle toeriste en besoekers van pamflette wat padkaarte met aanwysings na besienswaardighede in die omgewing het.

Mabuza sê ook dat met behulp van die nodige opleiding, hy nou baie meer van Hazyview af weet en dat Harvie se aandeel in hulle opleiding hulle in staat stel om baie meer ingelig te wees. Sy droom is om eendag ‘n toergids te word, en met sy geesdrif is dit nie buite sy bereik nie.

Met hulle helder-oranje klere en onderbaadjies wat aandui dat hulle deel is van die toeriste-ambassadeursgroep en elkeen ‘n tipiese veldhoed dra, kan besoekers hulle maklik uitken.

Toegerus met radio’s en selfone is die spanne gedurig in kontak met mekaar en hulle hoof, Elvis Ngobane, wat in samewerking met die SAPD help om misdaad te bekamp.

Agnes Nkosi wys die brosjure met die padkaart wat aan besoekers oorhandig word
Agnes Nkosi wys die brosjure met die padkaart wat aan besoekers oorhandig word

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button