Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Passievolle opvoering by NG Kerk ‘n uitnemende belewenis vir ieder en elk

Op 9 April het die NG-gemeente die voorreg gehad om die Paasgebeure op 'n spesiale manier aan te bied toe 64 lidmate van Bronkhorstspruit 'n passiespel daar opgevoer het

BURGERSFORT – Op 9 April het die NG-gemeente die voorreg gehad om die Paasgebeure op ‘n spesiale manier aan te bied toe 64 lidmate van Bronkhorstspruit ‘n passiespel daar opgevoer het.

Palmsondag tot en met hemelvaart is uitgebeeld. Besoekers vertel dat dit ‘n wonderlike ervaring was om kinders, volwassenes en bejaardes te sien wat met soveel passie en oorgawe die rolle van dissipels, volgelinge, Fariseërs en Romeine vertolk het.

“Dit was voorwaar ‘n belewenis om die intog van Jesus in Jerusalem, die instelling van die nagmaal, Judas se verraad, Jesus se verhoor en sy kruisiging op so ‘n realistiese manier te beleef. Die opstanding en gebeure tot by die hemelvaart het almal opnuut onder die indruk gebring van die groot oorwinning van Jesus Christus,” vertel ‘n besoeker.

Na die opvoering het almal heerlik gesmul aan kerrie-en-rys wat deur die gemeente se gasvryheidsbediening voorberei is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button