GalleriesLocal newsNewsSchools galleries

Burgies loop model by mode parade

Die Burgies het op April 21 ‘n baie spesiale geleentheid by die skool aangebied waar die nuwe gr. 1-haasbekkies die kans gekry het om hulle lyfies model te hou

BURGERSFORT – Die Burgies het op April 21 ‘n baie spesiale geleentheid by die skool aangebied waar die nuwe gr. 1-haasbekkies die kans gekry het om hulle lyfies model te hou. Die modeparade is ‘n jaarlikse instelling waartydens die jong leerders in kerk-, sport- en partytjieklere in die kalklig kom.

Elke gr. 1-parrabeen het ‘n kans gekry om in een van die “kostuums” te voorskyn te kom terwyl die gehoor en hul trotse ouers toegekyk het. ‘n Paar van die gr. 7-leerders het ook die loopplank betree, maar die fokus van die aand was op die kleingoed.

Sommiges het vol selfvertroue met die hande op die heupe geswaai en gedraai, maar ander het skugter en skaam hulle oë net op mamma en pappa in die gehoor gefokus.

Nietemin het Die modeparade het elke graad eentjie laat spesiaal voel in sy eie unieke styl.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button