Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Marlothpark-storieverteller publiseer sy derde boek

Riël du Toit, wat al vir meer as 20 jaar in Marlothpark bly, het onlangs sy derde boek met staaltjies oor Marlothpark publiseer.

MARLOTHPARK – Goeie storie-vertellers raak al hoe skaarser, maar ‘n plaaslike inwoner het al drie keer bewys dat hy lesers en luisteraars kan boei.

Riël du Toit het onlangs sy derde boek met staaltjies oor Marlothpark gepubliseer en die joernalis het by hom gaan kuier om meer oor die man agter die boeke uit te vind.

Hy is in Ermelo gebore en het op Machadodorp grootgeword. Susan, Riël se vrou, vertel dat hulle op 1 Januarie 1962, 15 minute na middernag, getroud is. Die paartjie het drie kinders en sewe kleinkinders.

Die skrywer was vir 40 jaar in die lugmag, het uitgetree met die rang van luitenant-kolonel en spog met die Suiderkruis-medalje wat in 1988 aan hom toegeken is.

Dan tree Susan in en spog met Riël se goeie stem, wat hom die seremoniemeester van vele parades gemaak het, asook die openbare skakelbeampte tussen die weermag en die publiek.

Die paartjie woon al sedert 1992 in Marlothpark en Riël was op ‘n stadium onderburgemeester. Hy het in 2006 uit die Nkomazi-raad getree.

Riël is nie een vir stilsit nie en is sedert 1972 ‘n ereveldwagter in die Nasionale Krugerwildtuin. Susan se stokperdjies sluit houtsnywerk, borduurwerk en geneologie in. Sy is ook’ n gekwalifiseerde instrukteur vir die SA Houtsnyersgilde.

Riël het besluit om sy stories te publiseer, nadat sy kinders voorgestel het dat die verteller al sy verhale neerpen. Hy het sy eerste storie na ‘n tydskrif gestuur en toe dit gepubliseer is, het hy besef dat hy wel stories kan skryf.

Van die verhale is ook in Engels vertaal.

Die eerste uitgewer het vir ‘n foto van Riël vir die voorblad gevra, en met die tweede boek, het ‘n vriend voorgestel dat hulle ‘n foto van sy gesig die boeke se kenteken maak.

Die drie boeke is onder die naam Stories om oor te Vertel gepubliseer en is by die Boskombuis in Marlothpark of by Riël self te koop. Navrae: 082-338-9944.

Riël du Toit se boeke.
Riël du Toit se boeke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button