GalleriesLocal newsNewsSchools galleries

Die jong span het weereens kom bewys dat hulle wel ken van netbal en rugby

Dit is te oulik om te sien hoe die talent van die jong spelertjies blom, en met hoeveel passie hulle aan sport deelneem tydens rugby en netbal geleenthede.

Laerskool Lydenburg se rammetjie-rugby en mini-netbaldag was Saterdag weer ‘n groot aantrekkingskrag en die rugbyvelde en netbalbane het gewemel van spelertjies.

Ander netbal nuus.

Elf laerskole het aan hierdie dag, wat al vir 11 jaar ‘n jaarlikse instelling by die skool is, deelgeneem.

Van gr. R tot gr. 2 het op ‘n entoesiastiese en prettige wyse mekaar op die velde aangedurf. Pa en onderwysers moes maar hand bysit by die gr. R’s se wedstryde. Die groter outjies het besef hier gaan dit oor meer as pret en het nogal met mening mekaar getakel.

Skole sport, lees hier meer.

Die dag word aangebied om soveel moontlike skole van die omgewing te betrek waar leerders van o/6 tot o/9 soveel moontlike wedstryde kan speel. Dit dien ook om sportontwikkeling te bevorder en as ‘n oefendag vir al die junior spanne.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button