GalleriesLocal newsNewsSports galleries

Die Rooikatte het na hulle vorige nederlaag kloue gewys teen Belfast

Die Rooikatte moes hulle naels slyp vir die wedstryd teen Belfast, wat almal geweet het nie 'n maklike een sou wees nie.

Met Malelane wat die Rooikatte se tweede span se eerste wedstryd in ‘n riller verander het, was dit nou tyd vir die Lydenburgers om hulle aansien aan die tuisfront te herwin.

Ander rugby nuus.

Hulle ligawedstryd teen Belfast wat Saterdag op Rooikatpark gespeel is, het aanvanklik gesukkel om op dreef te kom. Die Rooikatte het nietemin die toon aangegee met Nolan van Staden wat die eerste gaping in Belfast se verdediging uitgebuit en gaan druk het. Daarna het die Rooikatte die meeste van die eerste helfte in Belfast se gebied geboer.

Teen rustyd was die telling 26-3 in die tuisspan se guns.

In die tweede helfte, en met die wedstryd wat einde se kant toe staan, het Rooikatte se verdediging egter begin uitrafel. Dit het die manne van Belfast in staat gestel om hulle telling ook in dubbelsyfers op die bord te laat pronk hoewel dit nie genoeg was om die wedstryd om te swaai nie.

Die eindtelling was 48-24 in die Rooikatte se guns – ‘n welverdiende oorwinning.

 In ‘n voorwedstryd het die Rhinos (Lydenburg se oumanne) en die Rooikatte se derde span mekaar in ‘n vriendskaplike wedstryd aangedurf.

Ander relevante Rooikat nuus. 

Die oumanne het die derde span ‘n opdraande stryd gegee en was teen halftyd 10-0 voor, maar die Rooikatte het nie gaan lê nie. Met 30 minute van die wedstryd oor, het die derde span teruggeveg en konstant op die aanval gebly. Dit was veral Neil Kemp en Abrie Breitenbach wat die Rhinos gedurig geteister het.

Met net vyf minute se spel oor, het Gerhard Strydom die bal onderskep en die wendrie gaan druk. Die Rooikatte het die Rhinos met 20-15 getroef.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button