GalleriesLocal newsNewsSports galleries

Steelpoort Akademie swaai stokke vir fondsinsameling

Alle geld wat ingesamel word gaan aan verbeteringe by die skool

STEELPOORT – Steelport Akademie se jaarlikse gholfdag het Saterdag by Tubatse Chrome-klub plaasgevind.
Met groot pryse op die spel, het die deelnemers alles in hulle vermoë gedoen om hul beste houe te speel.
Gholf is nie net bloot om ‘n bal rond te slaan met die hoop dat dit binne die putjie sal val nie, dit verg beplanning, windmeting en afstandskatting.
Wat die spel meer gekompliseerd maak, is die onlangse veranderinge wat op die baan by Tubatse aangebring is. Dit maak die spel meer uitdagend en kan met tye sorg vir frustrasie, maar die spelers meen dat dit die spel soveel meer interessant maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button