GalleriesLocal newsNews
Laerskool Witrivier verwelkom nuwe graadeens
Die leerders is in drie Afrikaanse en twee Engelse klasse opgedeel.

WITRIVIER – Laerskool Witrivier het vanjaar 154 gr. 1-leerlinge verwelkom, vier meer as verlede jaar. Hierdie leerders is in drie Afrikaanse en twee Engelse klasse opgedeel.
Die dogters is vanjaar ver in die minderheid onder dié klomp, met
85 seuntjies en slegs 69 dogtertjies.
Die skool het ook ‘n paar nuwe onderwysers verwelkom, waaronder twee gr. 1-juffrouens vir die Afrikaanse klasse, Lourenca Janse van Vuuren en Larisa
du Plessis.
Die ander is Carina Labuschagne (gr. 6 en kuns), Jeanelda Potgieter (gr. 5 Afrikaans), Olivia Howden (gr. 3 Engels) en Keagen du Preez (gr. 6 Engels).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!















