GalleriesLocal newsNews

Kunstefees-uitruil: Nelspruiters vertrek vanaf Innibos-wêreld na KKNK

Gereelde Innibos-besoekers Steve Gous, Erika Botha en Klasie Botha het die week hul tasse gepak en gereis na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).

Kunstefees-liefhebbers van Nelspruit het die Laevelder en Oudtshoorn Courant se uitdaging aanvaar om die eerste Kunstefees-uitruil aantedurf.

Steve, Erika en Klasie besoek nou al meer as ‘n dekade lank die gewilde Innibos Nasionale Kunstefees in hul tuisdorp. Woensdag het die drie kultuurtiere na Oudtshoorn vertek om die gasvryheid van die plaaslike gemeenskap eerstehands te beleef. Juniemaand is dit dan die Nelspruiters se buurt om besoekers van Oodtshoorn by Innibos te verwelkom.

Hannes Visser, redakteur van Oudtshoorn Courant is opgewonde om die besoekers die naweek te ontmoet en meer te hoor van hul ondervindings by die KKNK.

LEES OOK: Innibos wen fees van die jaar vir die vierde keer

 

LEES OOK: Innibos het goeie nuus vir almal wat die sente moet tel

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button