GalleriesLocal newsNewsSports galleries

Sportdag vir Lydens

Hoërskool Lydenburg het Saterdag op hul tuisvelde die laaste wintersportwedstryde van die kwartaal teen Hoërskool Rob Ferreira van Witrivier gespeel.

In ‘n aanskoulike, harde rugbywedstryd tussen die twee skole se eerste rugbyspanne het Lydens hul teenstanders met ‘n oorwinning van 50-24 oorskadu.

Dit het aanvanklik gelyk of Rob Ferreira se groot en lang spelers oor die span van Lydenburg sou loop, maar die koel berekende spel van die Lydens was ‘n groot troefkaart.Slegs hokkie en rugbywedstryde is gespeel.

Rugby-uitslae:
(Hoërskool Lydenburg se punte word eerste genoem).
0/14: 10-22
0/15: 24-12
0/16: 14-66
Tweede span: 17-10
Eerste span: 50-24.
Hokkie-uitslae (dogters):
0/14: 0-4
0/15: 6-0
0/16 : 0-4
Eerste span: 1-3.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button