GalleriesLocal newsNewsSports galleries

Bulle sorg vir plesier en angs

Daar was 'n gevoel opwinding, opgewondenheid en oomblikke waar die atmosfeer dik geraak het soos bulle spring en ruiters deur die lug geslinger word.

Vanjaar se eerste plaasfees was ook gasheer vir die F5 Rodeo Klub van Machadodorp se finale byeenkoms. Deur die loop van die jaar het ruiter punte opgebou, en tydens hierdie finale rondte is die wenner gekies.

Dit is verseker nie ‘n sport vir diegene wat bietjie lig in die broek is nie. Dit behels senuwees van staal en gaan soms gepaard met erstige besering. Gelukkig tydens dié dag se gebeure was dit nie die geval nie. Daar was ‘n paar ruiters wat ligte besering opgedoen het en selfs ‘n paar “cowboy protectors” wat ‘n draai by die noodhulp manne moes gaan maak het.

Ongeag was die dag ‘n reuse sukses en die skare was gaande oor hierdie sport wat sommiges vir die heel eerste keer kon aanskou. Dit bly maar een sportsoort wat senuwees van staal verg.
Die klub het ook hulle top drie beste ruiter, bulle en ook die beste “cowboy protector” aangekondig.

Die ruiters se plekke is as volg: Eerste plek gaan aan Riaan Brevis, tweede plek gaan aan JJ Potgieter wat ook as ruiter van die jaar aangekondig is en die derde plek gaan aan Johan Faanan wat ook beste opkomende ruiter was.

Die drie beste bulle is as volg: In die eerste plek was Braveheart wat aan Bestesone behoort en wat ook bul van die dag gewen het, in die tweede plek is Tornado wat aan Willie van Eck behoort en wat ook bul van die jaar gewen het en derde was Razar wat aan Willie van Eck behoort.

‘n Plaaslike bekende Jaco Malan het die “Wild card” toekenning vir die dag ontvang.
Dan laaste maar nie die minste nie was die beste “cowboy protector” wat aan Kalon Liversage gegaan het. Hy het ‘n baie gevaarlike werk gehad om die bul se aandag van die ruiter af te trek en sodoende die bul uit die arena te lok.

Agt ruiters en agt bulle het vanjaar deelgeneem, met genoeg borge hoop die F5 klub om weer hulle aflsuiting by die plaasfees te hou volgende jaar met meer ruiters en meer bulle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button