Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Kwena Bonanza 2019

Ses-en-sewentig hengelaars meer as verlede jaar het vanjaar aan die Kwena Bonanza, wat by die Kwena-dam plaasgevind het, deelgeneem.

Dié gewilde hengelkompetisie wat jaarliks deur Longtom Hengelklub aangebied word, het op 2 November plaasgevind. Die kompetisie het reeds vir hom ‘n naam opgebou, daarom was dit nie vreemd dat 204 hengelaars vir die 2019-kompetisie ingeskryf het nie, teenoor 128 vir 2018.

Lees ook meer hier: Visvang talent ontwikkel

Volgens Jaco Beyneveldt van die klub, was die vangste swakker as verlede jaar. “Ons het nie een rekord van verlede jaar verbeter nie.” Beyneveldt vertel dat die damvlakke vanjaar (32 persent) baie laer is as verlede jaar (51 persent), “maar steeds goed genoeg is om soveel hengelaars te akkommodeer”. ‘n Hoogtepunt vanjaar was die besoek van ‘n span van Supercast aan die Bonanza.

Hengelaars van Mbombela, Phalaborwa, Secunda en Middelburg het vir hierdie kompetisie kom lyn natmaak in die dam.

Ander soorgelyke berigte: Hengel trekking lok vissermanne

Beyneveldt meen die kompetisie se doel is om ontwikkeling van dié sportsoort in Lydenburg en ook in noord-oos Mpumalanga te bevorder.

Volgende jaar sal die Bonanza van 7 tot 8 November plaasvind.

Wenners:

Grootste karp: Koos Ferreira (2,6 kg) – prysgeld R7 000.

Tweede grootste karp: James Moulder (2,165 kg) – prysgeld R3 000.

Derde grootste karp: Deon van der Merwe (2,110 kg) – prysgeld R1 500.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button