GalleriesLocal newsNews

Landsdiens skop 2020 behoorlik af

Laerskool Numbi verwelkom die Landsdienslede terug na die heerlike somervakansie. Hulle het 2020 afgeskop met 'n lekker bring-en-braai by Nabana Lodge.

Elkeen het ‘n piekniekmandjie met eetgoed gebring en het heerlik gekuier om die vure terwyl die kinders in die swembad baljaar en buite rondgehardloop het.

Numbi se Landsdiens het in 2014 begin met 30 lede en teen 2019 het hulle meer as 100 lede gehad. Die Landsdiens ‘n omgewingsgerigte jeugbeweging wat daarna streef om die jeug vaardig te maak in die hantering en bewaring van die omgewing in sy geheel.

Om dié doel te bereik word van opvoedkundige omgewingsgerigte aktiwiteite en tegnieke gebruik gemaak. Die kinders word geleer om om te gee, betrokke te wees en dinge wat omgewingskwessies betref só te doen dat dit vir hulle ‘n lewenswyse sal word.

ALSO READ: The many uses of the spekboom

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button