GalleriesLocal newsNewsSchools galleriesSports galleries

Interlaer vir klein skole te Ohrigstad amper kort geknip deur reën

Verskeie klein skole vanuit Ohrigstad het op die atletiekbaan gewys wat in hulle steek tydens die jaarlikse interlaer.

Laerskool Ohrigstad was vanjaar gasheer vir hierdie geleentheid en het ekstra moeite gedoen om te verseker dat die baan en veld in puik kondisie is.

Skole wat vanjaar deelgeneem het aan die kleinskole-interlaer was Laerskool Ohrigstad, Laerskool Clivia, Calvin College en Skukuza. Hulle het elke jaar hul eie aparte interlaer, omdat die skole heelwat kleiner is as groter skole in die omgewing en sodoende staan elke kind ‘n regverdige kans om hul persoonlike beste te bereik.

Lees meer oor vorige interlaer byeenkomstes: Beste atlete weeg mekaar op vir interlaer

Die atlete was gelukkig om vir die grootste deel van die dag heerlike sonskyn te geniet.

Ongelukkig het swaar weer die gebeure tot ‘n tydelike stilstand gebring en reën het toegesak. Na die verrigtinge vir ‘n halfuur gestop is, het dit stadig weer begin ooptrek en kon organiseerders voortgaan met baanitems. Die grasoppervlak was wel te nat om die hoogspringitems te voltooi.

 
Back to top button