Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

Die Doppers kan basaar hou

Dit is weer Saterdag bewys toe die Gereformeerde Kerk Lydenburg hul jaarlikse basaar by die NG Moedergemeente se kerkterrein aangebied het.

Vroeg reeds het besoekers gekom om vleis, groente, plantjies, basaarpoeding, gebak en ander eetgoed op te raap en te smul aan pannekoek, vetkoek, biltong, pap en kaiings, of net lekker te kuier saam met hartsmense.

Die basaar het Vrydagaand begin met ‘n lekker braaivleis met bykosse wat daar geniet kon word, of as wegneemete geneem kon word. Terselfdertyd het die gewilde toutrekkompetisie plaasgevind.

Tannie Lena Potgieter, bobaas-marmelade-kookster, wat ook lidmaat van die Gereformeerde Kerk was, se laaste bottels marmelade was by die basaar te koop. Jaar na jaar was haar marmelade daar beskikbaar. Tannie Lena is ‘n onlangs oorlede. Sy het die marmelade gekook voordat sy siek geword het en haar dogter, Isabel het streng opdrag gegee dat sy moet sorg dat dit by die basaar is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button